Aardwetenskap

Aardwetenskap is 'n omvattende term wat al die wetenskaplike studievelde oor die planeet Aarde insluit.[1] Aardwetenskap kan beskou word as 'n studieveld van planetologie. Die studievelde van aardwetenskappe het egter 'n baie ouer geskiedenis. Reduksionistiese en holistiese benaderinge kan gebruik word in die studie van Aarwetenskappe. Aardwetenskappe sluit in die studie van geologie, die litosfeer, sowel as die interne groter skaal strukture wat die aarde opmaak, as ook die studie van die atmosfeer, hidrosfeer en biosfeer. Aardwetenskaplikes bestudeer en kwantifiseer dus die werking en evolusie van die aarde deur meestal gebruik te maak van wiskunde, fisika, chemie, sterrekunde, geologie, geografie en biologie. Aardwetenskap omvat heelparty onderdele:

  1. earth science Geargiveer 26 Januarie 2016 op Wayback Machine. Memidex/WordNet Dictionary. Besoek op 2012-06-11.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne