Achenaten

Achenaten
Amenhotep IV
Standbeeld van Achenaten in die vroeë Amarna-styl.
Standbeeld van Achenaten in die vroeë Amarna-styl.
Farao van die 18de Dinastie
Periode 1353–1336 v.C.
Voorganger Amenhotep III
Opvolger Smenchkare
Vader Amenhotep III
Oorlede 1336 of 1334 v.C.
Monumente Achetaten
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Achenaten ("Doeltreffend vir Aten"; voor die vyfde jaar van sy bewind bekend as Amenhotep IV) was ’n farao van Antieke Egipte se 18de Dinastie. Hy het 17 jaar lank regeer en is in 1336 of 1334 v.C. oorlede. Hy is veral daarvoor bekend dat hy Egipte se tradisionele aanbidding van verskeie gode versaak en ’n monoteïstiese aanbidding van die sonskyf, Aten, aangehang het.

Sy godsdiens is egter nie aanvaar nie. Ná sy dood is sy monumente afgebreek en versteek, sy standbeelde is vernietig en sy naam is nie in die koningslys opgeneem nie.[1] Die tradisionele godsdiens is geleidelik heringestel en latere dinastieë het hom en sy opvolgers veroordeel; hulle het na hom verwys as "die vyand" of "daardie misdadiger".[2]

Achenaten was feitlik vergete tot met die ontdekking in die 19de eeu deur Flinders Petrie van die terrein van Achetaten, die stad wat hy laat ontwerp het vir die aanbidding van Aten, by die huidige Amarna.[3] Vroeë opgrawings van Achetaten het ’n nuwe belangstelling in dié farao gaande gemaak en ’n mummie wat in 1907 in tombe KV55 ontdek is, is waarskynlik syne. Volgens DNS-toetse is die man wat in KV55 begrawe is die pa van farao Toetankamen.[4]

Die moderne belangstelling in Achenaten en sy hoofkoningin, Nefertiti, is deels vanweë sy verbintenis met Toetankamen (hoewel laasgenoemde se ma nie Nefertiti was nie, maar ’n mummie wat "Die Jonger Dame" genoem word).

  1. Manniche, Lise. Akhenaten Colossi of Karnak. Kaïro: American University in Cairo Press, 2000. URL besoek op 16 November 2016. ProQuest ebrary.
  2. Trigger et al. (2001), pp.186-7
  3. Egypt's Golden Empire: Pharaohs of the Sun. Vervaardig deur PBS – Empires. PBS Distribution, 2002. 11 Desember 2009. URL besoek op 3 November 2016. [1] http://fod.infobase.com/PortalPlaylists.aspx?wID=237009&xtid=40995
  4. "See the KV 55 Mummy & Tutankhamen" (in Engels). Anubis4_2000.tripod.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 25 Augustus 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne