Adad

Adad
Wigskrif: 𒀭𒅎
Assiriese soldate dra ’n standbeeld van Adad.
Assiriese soldate dra ’n standbeeld van Adad.
Soort god  Mesopotamies
God van Die weer, storms, donder en reën
Tuiste Hemel
Kultussentrum  Karkara
Simbool Weerlig, bul, leeu
Ouers Sin (Nanna) en Ningal
Sibbes Utu, Inanna
Metgesel Sjala
Kinders Gibil (Gerra)

Adad in Akkadies, Isjkoer in Sumeries en Hadad in Aramees en Arabies is die name van die god van storms in die Akkadiese, Assiriese en Babiloniese panteon. Al drie word gewoonlik geskryf met die logogram DIM (wigskrif: 𒀭𒅎). In Akkadies is Adad ook bekend as Ramman ("Donderaar"). Ramman is voorheen verkeerdelik as ’n aparte god beskou.

Die Sumeriese Isjkoer verskyn op die lys gode wat by Fara ontdek is, maar was baie minder belangrik as wat die Akkadiese Adad later geword het, waarskynlik omdat reën en storms skaars is in Suid-Babilonië en landbou daar eerder steun op besproeiing. Verder het die gode Enlil en Ninoerta ook stormeienskappe, wat Isjkoer se belangrikheid verder ondermyn het. Hy word soms uitgebeeld as ’n assistent of metgesel van een van die ander twee.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne