Afrotheria

Afrotheria
Tydperk: 65–0 m. jaar gelede
Orycteropus afer
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
Afrotheria

Die superorde Afrotheria (Stanhope et al. 1998) is een van die vier hoofgroepe van die plasentale kroon-Eutheria. Hierdie soogdiere het op die Afrika-kontinent ontstaan toe dit 'n eilandkontinent was.

Die superorde bevat die volgende huidige soogdierordes:

  • Afrosoricida – gouemolle en tenreks
  • Macroscelidea – klaasneuse
  • Tubulidenta – die aardvark
  • Hyracoidea – dassies
  • Sirenia – doegongs
  • Proboscidea – slurpdiere

Hierdie takson is, saam met die ander drie hooftakke Xenarthra, Euarchontoglires en Laurasiatheria in 1998 op basis van filogenetiese navorsing op ekstante soogdiere se DNS voorgestel en die tradisionele paleontoloë wat hulle taksonomie baseer op die morfologie van fossiele het eers skepties gereageer. Daar is in 2016 steeds geleerdes wat nie saamstem nie,[1] hoewel dit 'n minderheidsposisie weergeef. In 'n onlangse groot kladistiese ontleding (Halliday)[2] -gebaseer op morfologie van fossiele- word nogtans die vierdeling duidelik teruggevind.

  1. Fossils and monophyly of Afrotheria: a review of the current data Alexander. O. Verianov, A.V. Lopatin Jan 2016 Archives of Zoological Museum of Lomonosov Moscow State University, 54, bls. 146-160.
  2. Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Thomas J. D. Halliday, Paul Upchurch, Anjali Goswami Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne