Aigues-Mortes

Aigues-Mortes
Wapen van Aigues-Mortes
Wapen
Aigues-Mortes is in Frankryk
Aigues-Mortes
Aigues-Mortes
Koördinate: 43°34′03″N 4°11′36″O / 43.56750°N 4.19333°O / 43.56750; 4.19333
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Languedoc-Roussillon
Département Gard
ArrondissementNîmes
KantonAigues-Mortes
Stigting10de eeu
Regering
 • BurgemeesterCédric Bonato
Oppervlak
 • Totaal57,78 km2 (22,31 vk. myl)
Hoogte
0–3 m (0–9,8 ft)
Bevolking
 • Totaal8 116
 • Digtheid140/km2 (400/vk. myl)
Poskode
30220
Skakelkodes30003
Webwerfville-aigues-mortes.fr

Aigues-Mortes [ɛgˈmɔʀt] is 'n stad en ou seehawe in Petite Camargue, naby Nîmes in Suid-Frankryk en sowat vyf kilometer oos van La Grande-Motte, wat deur koning Lodewyk IX as seehawe vir die kruistogte van die jare 1246 en 1270 gestig is.

Die tipiese Middeleeuse roosterpatroon van Aigues-Mortes

Aigues-Mortes is met sy tipiese roosterpatroon van reguit strate wat mekaar kruis is 'n voortreflike voorbeeld van middeleeuse stadsbeplanning.

Danksy die koninklike bevordering van die handel beleef die stad 'n bloeitydperk, wat eers teen die middel van die 14de eeu tot 'n einde kom. Die stad is daarna grotendeels verlaat.

Die oorspronklike kruisvaarderstad is grotendeels bewaar en die huidige stad met 7 891 inwoners (2008) is 'n gewilde toeristebestemming in die département Gard (région Languedoc-Roussillon). Aigues-Mortes lê nou sowat vier kilometer van die kuslyn af en word deur middel van 'n kanaal met die see verbind. Die belangrikste bronne van inkomste naas die toerisme is wynbou en soutontginning.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne