Akkad

’n Kaart van die Nabye Ooste wat die omvang van die Akkadiese Ryk en die algemene ligging van Akkad wys.

Akkad of Agade (Akkadies 𒀀𒂵𒉈𒆠, A-ga-deki3; Sumeries: 𒌵𒆠 URIKI) was tydens die Ur III-tydperk[1] die naam van ’n Mesopotamiese stad en die omringende omgewing. Dit was die hoofstad van die Akkadiese Ryk, wat die oorheersende politieke mag in Mesopotamië was in ’n tydperk van sowat 150 jaar in die laaste derde van die 3de millennium v.C.

Die stad se ligging is onbekend, hoewel daar ’n paar voorgestelde moontlikhede is, hoofsaaklik oos van die Tigrisrivier, rofweg tussen die moderne stede Samarra en Bagdad.[2]

  1. Miller, Douglas B.; Shipp, R. Mark (1996). An Akkadian Handbook: Paradigms, Helps, Glossary, Logograms, and Sign List (in Engels). Eisenbrauns. p. 43. ISBN 978-0-931464-86-7.
  2. "Akkade may thus be one of the many large tells on the confluence of the Adheim River with the Tigris" (Sallaberger, and Westenholz 1999, p. 32.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne