Alfabet

Letters van die alfabet.
Verskillende alfabette word oor die wêreld gebruik: ██ Latynse alfabet ██ Cyrilliese alfabet ██ Arabiese alfabet ██ Brāhmī-alfabet ██ Gemeng: Latynse en Cyrilliese alfabet ██ Gemeng: Latynse en Arabiese alfabet ██ Gemeng: geen alfabet en ander alfabet ██ Ander alfabet ██ Nie-alfabetiese skryfstelsels

'n Alfabet is 'n volledige gestandaardiseerde stel karakters wat bestaan uit letters en gebruik word om iets in 'n gekose taal neer te skryf. Geskrewe taal bestaan uit sinne, sinne bestaan uit woorde en woorde bestaan uit een of meer letters van die alfabet. Elke letter verteenwoordig rofweg 'n klank in die gesproke taal. 'n Alfabet is verskillend van ander vorme van skryfstelsels soos ideogramme, waarin elke simbool 'n volledige konsep verteenwoordig.

Die woord alfabet is afgelei van 'n kombinasie van die woorde alfa en beta, die eerste twee simbole in die Griekse alfabet. Daar word ook soms verwys na die gewone alfabet as die ABC (uitgespreek aa-bee-see). Die woord alfabet word ook soms gebruik om te verwys na die basiese elemente of dele van 'n stelsel, bv. die DNA-alfabet.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne