Amien

Ammoniak Primêre amien Sekundêre amien Tersiêre amien

Amiene kan as gesubstitueerde ammoniak-molekule beskou word.

Nes ammoniak het hulle basiese eienskappe, omdat die N-atoom 'n alleenpaar het. Amiene is volop in die biochemie en die natuur. Hulle het dikwels 'n onaangename vrot vis-agtige reuk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne