Apollo

Vir ander gebruike, sien Apollo (dubbelsinnig).
Apollo
Griekse Olimpiese god
Die beroemdste beeld van Apollo, Apollo van Belvedère (Romeinse kopie van ’n Griekse oorspronklike van ca. 330–320 v.C., Vatikaanmuseum).
Die beroemdste beeld van Apollo, Apollo van Belvedère (Romeinse kopie van ’n Griekse oorspronklike van ca. 330–320 v.C., Vatikaanmuseum).
Naam Apollo
God van musiek, poësie, kuns, woorde, boogskiet, plaag, medisyne, son, lig en kennis
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool Lier, lourierkrans, luislang, kraai, boog en pyle
Ouers Zeus en Leto
Broers, susters Artemis
Kinders Asklepios, Troilos, Aristaios, Orfeus
Romeinse eweknie Apollo

Apollo (Oudgrieks: Ἀπόλλων; Apóllôn of Ἀπέλλων; Apéllôn) was een van die belangrikste gode in die Griekse en Romeinse mitologie. Hy was die seun van Zeus en Leto, en het ’n tweelingsuster, Artemis, gehad.

Van al die gode was sy eredienste die wydste verspreid onder die Griekse volk en het hy die hoogste aansien geniet. Die Griekse digters maak dikwels melding van hom, want hy het ’n groot invloed gehad op die ganse lewe van die Grieke, van godsdiens tot die staatsbestuur en Griekse gebruike. ’n Mens kan hom beskou as die leier van die Griekse volk op hul pad na die beskawing en ontwikkeling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne