Aryabhata

’n Standbeeld van Aryabhata.

Aryabhata (Sanskrit: आर्यभट, Āryabhaṭa) of Aryabhata I[1][2] (476-550 n.C.)[3][4] was die eerste van die groot Indiese wiskundiges-sterrekundiges van die klassieke tydperk.

Sy werke sluit die Aryabhatiya in. Daarin word ’n aantal innoverings in wiskunde en sterrekunde in versvorm voorgestel wat al baie eeue lank invloedryk is.

Aryabhata was merkwaardig in die beskrywing van die relatiwiteit van beweging. Hy het relatiwiteit as volg beskryf: "Soos wat 'n man in 'n boot wat vorentoe vaar die stilstaande voorwerpe aan die oewer as terugbewegend sien, sien mense op die bewegende aarde niebewegende sterre asof hulle weswaarts beweeg".

  1. O'Connor, J J; Robertson, E F. "Aryabhata the Elder". www-history.mcs.st-andrews.ac.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2015. Besoek op 18 Julie 2012.
  2. Britannica Educational Publishing (15 Augustus 2010). The Britannica Guide to Numbers and Measurement. The Rosen Publishing Group. pp. 97–. ISBN 978-1-61530-218-5.
  3. Bharati Ray (1 September 2009). Different Types of History. Pearson Education India. pp. 95–. ISBN 978-81-317-1818-6.
  4. B. S. Yadav (28 Oktober 2010). Ancient Indian Leaps into Mathematics. Springer. p. 88. ISBN 978-0-8176-4694-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne