Asynsuur

Eienskappe

Algemeen

Naam Asynsuur 
Sistematiese naam etanoësuur
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule CH3COOH
Molêre massa 60.05 g/mol
CAS-nommer 64-19-7  
Voorkoms kleurlose vloeistof  
Reukdrempel 0,074 dpm
Fasegedrag
Smeltpunt 16.5 °C (289.6 ± 0.5 K)[1]
Kookpunt 118.1 °C (391.2 ± 0.6 K)[1]
Digtheid 1.049 g cm−3, vloeistof; 1.266 g cm−3, vastestof 
Mengbaarheid water
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa 4.76 by 25 °C

Veiligheid

Flitspunt 43 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Asynsuur, ook bekend as etanoësuur, is 'n organiese chemiese verbinding, die meeste bekend vir die suur smaak in asyn en sy stekende reuk. Sy gekondenseerde struktuurformule word voorgestel as CH3COOH. Suiwer watervrye asynsuur is 'n kleurlose verbinding wat water uit die omgewing aantrek (higroskopies is), en benede 16,7 °C tot 'n kristal vries. Asynsuur is vretend en sy gas veroorsaak irritasie van die oë, 'n droog- en brandneus, 'n seer keel en vertering van die longe. Asynsuur word as 'n swak suur beskou omdat by standaard temperatuur en druk (STD) die gedissosieerde suur in ewewig is met die ongedissosieerde vorm in waterige oplossing, in teenstelling met sterk sure wat volledig gedissosieer is. Asynsuur is een van die eenvoudigste karboksielsure (die naaseenvoudigste ná mieresuur). Dit is 'n belangrike chemiese reagens en industriële chemikalie.

  1. 1,0 1,1 "NIST" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2004.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne