Atlasgebergte

Kaart wat die ligging van die Marokkaanse Atlasgebergte aandui
Topografiese en politieke kaart van die Atlasgebergte
Atlasgebergte met die dakke van Marrakesj in die voorgrond

Die Atlasgebergte is 'n bergreeks in die Atlasstreek in Noordwes-Afrika wat ongeveer 2 400 km deur Marokko, Algerië, en Tunisië strek en die Rots van Gibraltar insluit.[1] Die hoogste piek is Jbel Toubkal, op 'n hoogte van 4 167 m (13 665 voet) geleë by 31°03′43″N 7°54′58″W / 31.06194°N 7.91611°W / 31.06194; -7.91611 in Suidwes-Marokko. Die Atlasreekse skei die kuslyne van die Middellandse See en die Atlantiese Oseaan van die Saharawoestyn. Die bevolking van die Atlasgebergte bestaan hoofsaaklik uit Berbers in Marokko en Arabiere in Algerië.

Omdat Noord-Amerika, Europa en Afrika 'n ewigheid gelede aan mekaar vas was, word geglo dat die Atlasgebergte oorspronklik as deel van die Alleghenesiese orogenese gevorm is. Die berge is gevorm toe Afrika en Amerika teen mekaar gebots het, en was eens op 'n tyd 'n baie hoër bergreeks as vandag se Himalaja. Vandag kan die oorblyfsels van die bergketting in die Fall line in die oostelike Verenigde State gesien word. Sommige oorblyfsels kan ook gevind word in die Appalache in Noord-Amerika wat later gevorm het. Die Sierra Nevada berge in Spanje is op soortgelyke manier in die kontinentale botsing gevorm.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne