Atoom

Atoom
Helium-atoom (nie op skaal)
Helium-atoom (nie op skaal)
Klassifikasie
Kleinste verdeling van 'n chemiese element
Eienskappe
Massa: Atoommassa
Elektronlading: 0 C
Deursnee: 10pm tot 100pm
Opbou van materie

'n Atoom is 'n submikroskopiese struktuur wat in alle gewone materie voorkom. Atome bestaan uit subatomiese partikels: elektrone, protone, en neutrone. Atome het die geneigdheid om te kombineer om molekule te vorm. Die watermolekuul bestaan byvoorbeeld uit twee waterstofatome en een suurstofatoom. Atome is die fundamentele boustene van chemie en word nie vernietig in chemiese reaksies nie. Slegs 91 tipes chemiese boustene, of chemiese elemente, word natuurlik op die aarde gevind, en word geklassifiseer in die periodieke tabel. Die klassifikasie is gebaseer op die aantal protone in die atoom. Ander tipes atome kan kunsmatig berei word, maar hulle is onstabiel en breek geleidelik af na natuurlike chemiese elemente deur middel van kernfisie.

Atome van dieselfde chemiese element kan verskillende radioaktiewe eienskappe hê, gebaseer op die aantal neutrone. Atome met dieselfde aantal protone maar verskillende getal neutrone word isotope genoem van dieselfde chemiese element. Omdat atome oral voorkom, is dit baie eeue lank reeds 'n belangrike studieveld. Tans fokus navorsing op kwantumeffekte, soos in Bose-Einsteinkondensaat.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne