Bakterie

Bakterie
Tydperk: Argeïkum–0
'n Fotomikrograaf van Clostridium botulinum bakterieë
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Bacteria

Bakterieë (enkelvoud: bakterie, uitspraak: baktérie)[1] is 'n hoofgroep lewende organismes. Meeste is mikroskopies en eensellig, met 'n relatief eenvoudige selstruktuur sonder 'n selkern, en organelle soos mitochondrië en bladgroenkorrels. Bakterieë is prokariote, in teenstelling met organismes met meer komplekse selle wat bekend staan as eukariote. Die term "bakterieë" word soms vir alle prokariote gebruik of vir 'n hoofgroep daarvan, andersins bekend as eubacteria, afhangend van idees oor hulle verwantskap.

Bakterieë is die volopste van alle organismes. Hulle is alomteenwoordig in grond, water en as simbionte van ander organismes. Baie patogene is bakterieë. Meeste is piepklein, gewoonlik slegs 0.5-5.0 μm in hulle langste dimensie, alhoewel reuse bakterieë soos Thiomargarita namibiensis en Epulopiscium fishelsoni groter as 0.5 mm kan word. Hulle het normaalweg selwande, soos plant- en swamselle, maar met 'n heeltemal ander samestelling (peptidoglycane). Vele beweeg deur flagella te gebruik, wat struktureel van die flagella van ander groepe verskil.

  1. Taalgesprek: Bakterië/bakterieë[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne