Beeldhoukuns

Die engel van die Noorde deur Antony Gormley, 1998

Die beeldhoukuns is een van die oudste uitdrukkingsvorme van die beeldende kunste en kom voor in feitlik alle kulture in die verlede en in die hede. Waar 'n skilder en 'n grafiese kunstenaar met 'n gelyk oppervlak te make het, skep die beeldhouer sy werk in 'n bepaalde ruimte. Daar is vandag feitlik geen beperking op die soort materiaal wat die beeldhouer gebruik nie. Danksy die moderne tegnologie, kan die beeldhouer vry eksperimenteer met yster, staal, sintetiese stowwe en selfs met items wat vir die meeste miskien onbruikbaar en nutteloos is. Daarbenewens is daar ook die meer tradisionele materiaal soos klip, marmer, hout en brons.  


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne