Beeldsensor

'n CCD beeldsensor.

’n Beeldsensor is ’n sensor wat die inligting van ’n beeld omskakel na elektroniese seine en oordra na ’n toestel wat die inligting gebruik. Dit kan liggolwe of ander elektromagnetiese straling omskakel na ’n beeld. Beeldsensors kan analoog of digitaal wees en word in elektroniese beeldverwerkingsapparate gebruik soos digitale kameras, mediese beeldtoerusting, nagsigtoerusting soos termiese beelde, radar en sonar. Soos wat die tegnologie verbeter, vervang digitale beeldtoerusting analoogtoerusting.

Vroeë analoë sensors vir sigbare lig was videokamerabuise. Tans word digitale sensors gebruik soos halfgeleier- ladingsgekoppelde toestelle (charged-coupled devices of CCD) of aktiewe piekselsensors in komplementêre metaaloksied-halfgeleier- (complementary metal-oxide-semiconductor of CMOS) of N-tipe-metaaloksied-halfgeleier- (NMOS en Live NMOS) tegnologie.

In Februarie 2018 het navorsers by die Dartmouth-universiteit ’n nuwe beeldsonsortegnologie aangekondig wat hulle QIS noem, vir Quanta Image Sensor. In plaas van pieksels het die QIS sensor-"jots", waar elke jot ’n enkele ligpartikel of foton kan opspoor.[1]

  1. "Super Sensitive Sensor Sees What You Can't" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 28 April 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne