Bloemlesing

Voorblad van 'n Duitse bloemlesing.

'n Bloemlesing is 'n publikasie wat 'n versameling literêre werke van 'n skrywer of skrywers bevat. 'n Bloemlesing kan stukke van die beste skrywers bevat, of die beste stukke van 'n spesifieke skrywer. Dit kan 'n versameling van gedigte, kortverhale, toneelstukke, liedjies of uittreksels wees.

Die woord "bloemlesing" is afgelei van die Grieks woord ἀνθολογία ('n versameling blomme). Die skrywes word hier met blomme vergelyk.

'n Bloemlesing moet nie met die volledige versameling werke, of oeuvre van 'n skrywer verwar word nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne