Boodskapper-RNS

Die "lewensiklus" van 'n mRNS in 'n eukariotiese sel. RNS word geneties getranskribeer in die selkern; na prosessering word dit vervoer na die sitoplasma en geneties vertaal deur die ribosoom. Laastens verval die mRNS.

Boodskapper RNS (mRNS) is 'n enkelstring RNS molekuul wat ooreenstem met die genetiese sekwensie van 'n Geen en gelees word deur die ribosoom tydens die proteïenskeppingsproses. mRNS word geskep tydens biologiese transkripsie, waar die ensiem RNS-polimerase, gene omskakel na primêre transkripsie mRNS (ook bekend as pre-mRNS). Hierdie pre-mRNS bevat meestal nog steeds introne, dit wil sê streke wat nie die finale aminosuur sekwensie sal kodeer nie. mRNS word verwyder in die proses van RNS-splitsing, wat slegs eksone agterlaat, dit wil sê streke wat die proteïen sal kodeer. Hierdie ekson-sekwensie bestaan uit volwasse mRNS. Volwasse mRNS word dan deur die ribosoom gelees, en met behulp van aminosure gedra deur Oordrag-RNS (tRNS) skep die ribosoom die proteïen. Hierdie proses staan bekend as biologiese vertaling. Al hierdie prosesse vorm deel van die sentrale dogma van molekulêre biologie, wat die vloei van genetiese inligting in 'n biologiese stelsel beskryf.

Soos met DNS, is mRNS genetiese inligting in die volgorde of sekwensie van nukleotiede, wat gerangskik is in kodone bestaande uit drie basispare elk. Elke kodon kodeer vir 'n spesifieke aminosuur, behalwe die stopkodon, wat proteïensintese beëindig. Hierdie proses van vertaling van die kodon in aminosure benodig twee ander soorte RNS: oordrag-RNS, wat die kodon herken en die ooreenstemmende aminosuur verskaf, en ribosoom-RNS (rRNS), die sentrale komponent van die ribosoom se proteïenvervaardigingsmasjinerie.

Die bestaan van mRNS is die eerste keer deur Jacques Monod en François Jacob voorgestel en daarna deur Jacob, Sydney Brenner en Matthew Meselson by die California Institute of Technology in 1961 ontdek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne