Brandewyn

Potketels by die Van Ryn Brandewynkelder naby Stellenbosch, Suid-Afrika

Brandewyn (Engels: brandy, Nederlands: brandewijn — gedistilleerde wyn) is 'n algemene naam vir gedistilleerde wyn, wat gewoonlik 40–60% etielalkohol per volume bevat.

Dit word ook gebruik om spiritualieë wat vanuit ander vrugte gedistilleer word, aan te dui, soos byvoorbeeld pruimbrandewyn.

Die Europese Unie beskerm Konjak as die naam vir brandewyn wat eksklusief in die Cognacstreek van Frankryk gemaak word deur middel van tradisionele metodes, en net so vir Armagnac uit die Armagnacstreek van Frankryk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne