Damas

Italiaanse polichrome sydamas, 14de eeu.
Eenkleurige damasmateriaal

Damas (/ˈdæməsk/ ; Arabies: دمشق‎) is 'n omkeerbare tekstielstof van sy, wol, linne, katoen, of sintetiese vesel, met patrone wat tydens die weefproses gevorm word. Damas word met een skering- of lengtedraad en een inslag- of breedtedraad geweef. Die patroon word gewoonlik gevorm deur skeringdrade van satyn op die oppervlak, terwyl die agtergrond met inslagdrade of satinetweef geskep word. Keperdamas bestaan uit 'n kepergeweefde agtergrond of patroon.[1][2]

  1. Kadolph, Sara J., ed.: Textiles, 10th edition, Pearson/Prentice-Hall, 2007, ISBN 0-13-118769-4, p. 251
  2. Monnas, Lisa. Merchants, Princes and Painters: Silk Fabrics in Italian and Northern Paintings 1300-1550. New Haven, Yale University Press, 2008, pp. 295–299

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne