Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Disarivier | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Houtbaai, Suid-Afrika Atlantiese Oseaan |
Oorsprong-hoogte | 716 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Koördinate: 33°58′37.67″S 18°24′6.91″O / 33.9771306°S 18.4019194°O |
Die Disarivier loop op die suidelike hellings van Tafelberg.
Dit loop deur Disakloof en Lemoenkloof en in 'n suidwestelike rigting. Daarna mond dit uit in Houtbaai. Sy water word opgevang in die Woodheaddam, Hely-Hutchinsondam, Victoriadam, Alexandradam, De Villiers-dam en die Disa-dam. Reeds in 1681 het die eerste boere hulle hier kom vestig.
Na bewering is dit een van die ontstuimigste riviere in die Kaapse Skiereiland.