Dortmund

Dortmund

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Noordryn-Wesfale
 Koördinate 51°31′N 7°28′O / 51.517°N 7.467°O / 51.517; 7.467
 Stigting (eerste verwysing) 880/885
 Stadstatus 1152
 Oppervlakte:  
 - Totaal 280,71 vk km
 Hoogte bo seevlak 86 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2020) 587 696[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 094/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Thomas Westphal (SPD)
 Amptelike webwerf dortmund.de

Dortmund (Duits: [ˈdɔʁtmʊnt], ; Nederduits: Düörpm) is 'n stad in die Wes-Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale, met 'n bevolking van 587 696 in 2020. Dortmund is die belangrikste sentrum vir handel, vervoer en nywerhede in Wesfale en die grootste stad van hierdie streek en die Ruhrgebied.

Historici neem aan dat Dortmund sy oorsprong in 'n Karolingiese rykshof gehad het. Dit het later tot 'n beduidende Ryks- en Hansestad ontwikkel en was dekades lank een van die vernaamste sentra van steenkoolontginning, staalvervaardiging en bierproduksie. In die laat 20ste eeu was Dortmund aan groot strukturele veranderings en aanpassings onderhewig, en sy huidige ekonomie word deur assuransie- en handelmaatskappye oorheers. Nuwe nywerhede en ondernemings spits hulle veral op logistiek en informasietegnologie toe. Desondanks het die stad nog een van die hoogste werkloosheidsyfers in Wes-Duitsland.

Die bekendste bakens van Dortmund is die Reinoldikerk, die voormalige hoofkwartier van die Union-brouery (met 'n reuse-letter "U" op sy dak, die sogenaamde Dortmunder U) en die Floriantoring. Sokkergeesdriftiges verbind die naam Dortmund veral met die sokkerklub Borussia Dortmund. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006.

  1. (de) "Bevölkerung der Gemeinden Nordrhein-Westfalens am 31. Dezember 2020 – Fortschreibung des Bevölkerungsstandes auf Basis des Zensus vom 9. Mai 2011". Landesdatenbank Nordrhein-Westfalen. 31 Desember 2020. Besoek op 31 Desember 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne