Duits

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Duitsers.
Duits
Deutsch
Gepraat in: Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Liechtenstein Liechtenstein
Vlag van Luxemburg Luxemburg
Vlag van Switserland Switserland
Vlag van Denemarke Denemarke
Vlag van Frankryk Frankryk (Elsas, Moselle)
Vlag van België België
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Spanje Spanje
Vlag van Pole Pole
Vlag van Italië Italië (Suid-Tirool)
Vlag van Roemenië Roemenië (Transsilvanië)
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Ysland Ysland[1]
Vlag van Rusland Rusland (Kaliningrad-oblast, Orenburg-oblast)
Vlag van Kasakstan Kasakstan[1]
Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vlag van Slowakye Slowakye[1]
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Slowenië Slowenië[1]
Vlag van Kroasië Kroasië[1]
Vlag van Estland Estland
Vlag van Letland Letland
Vlag van Litaue Litaue
Vlag van Argentinië Argentinië[1]
Vlag van Brasilië Brasilië[1]
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 
Gebied: Europa, Asië, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Suider-Afrika
Totale sprekers: 95 tot 118 miljoen (moedertaal)[1][2][3]
80 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang: 10
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Hoog-Duits
    Duits 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Switserland Switserland
Vlag van Liechtenstein Liechtenstein
Vlag van Luxemburg Luxemburg
Vlag van België België
Trentino-Suid-Tirool
Flag of the Vatican City Vatikaanstad deur die Switserse wagte, mede-amptelike taal van Vlag van Namibië Namibië tot 1990.
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: de
ISO 639-2: deu
ISO 639-3: deu 
Verspreiding van Duits
Verspreiding van Duits

Verspreiding van Duits in Europa
Verspreiding van Duits in Europa

Duits (Deutsch [ˈdɔʏtʃ] of die deutsche Sprache) is deel van die Germaanse taalfamilie en, met meer as 100 miljoen sprekers, die elfde grootste taal wêreldwyd. Dit word onder andere gepraat in Duitsland, Oostenryk, Switserland, Luxemburg, Suid-Tirool (Italië), Eupen-Malmédy (België), Liechtenstein, Noord-Sleeswyk (Denemarke) en Namibië, en is nog steeds 'n belangrike vreemde taal in Oos-Europese lande.

Dit is ook die tweede belangrikste taal op die internet en derde grootste taal waarin boeke verskyn. Die feit dat Duitsland se moderne universiteite tot onlangs geen studiegelde gevra het nie, het die taal aantreklik gemaak vir die 258 513 (2007) buitelandse studente wat hul opleiding daar ontvang.[4]

Duitssprekendes aan die Kaap die Goeie Hoop, wat Nederlands slegs as 'n aangeleerde taal gepraat het, het 'n groot invloed op die ontwikkeling van Afrikaans uitgeoefen, veral op die gebied van die grammatika. Die invloed op die Afrikaanse woordeskat het egter beperk gebly tot enkele woorde, soos "werskaf" (van Duits wirtschaften).

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 National Geographic 2006 ondersoek
  2. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, German" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op 14 Februarie 2016.
  3. SIL Ethnologue (2006). 95 miljoen Standaard-Duits sprekers; 114 miljoen insluitend Middel- en Hoë-Duits dialekte; 118 miljoen insluitende Nedersaksies en Jiddisj.
  4. "Deutscher Akademischer Austauschdienst (DAAD)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2011. Besoek op 6 April 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne