Durban

Durban

eThekwini/iTheku (zu)
Stad
'n Uitsig oor Durban se binnestad, soos gesien vanaf die Moses Mabhidastadion
'n Uitsig oor Durban se binnestad, soos gesien vanaf die Moses Mabhidastadion
Vlag van Durban
Vlag
Wapen van Durban
Wapen
Durban is in KwaZulu-Natal
Durban
Durban
 Durban se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°53′S 31°3′O / 29.883°S 31.050°O / -29.883; 31.050
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
MunisipaliteiteThekwini
Stigting1880[1][2]
Regering
 • BurgemeesterMxolisi Kaunda (ANC)
Oppervlak
 • Stad225,91 km2 (87,22 vk. myl)
 • Metro
2 297 km2 (887 vk. myl)
Hoogte
6 m (20 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Skatting 
(Junie 2021)
3 290 000
 • Metro
3 442 361
 • Metrodigtheid1 502/km2 (3 890/vk. myl)
Demoniem(e)Durbaniete
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense15,3%
 • Indiërs/Asiërs24,0%
 • Bruin mense8,6%
 • Swart mense51,1%
 • Ander0,9%
Taal (2011)
 • Engels 49,8%
 • Zoeloe 33,1%
 • Xhosa 5,9%
 • Afrikaans 3,6%
 • Ander 7,6%
Poskode (strate)
4001
Poskode (posbusse)
4000
Skakelkode031
WebwerfeThekwini-munisipaliteit

Durban (Engels: [ˈdœːbən]; Zoeloe: eThekwini, [ˈɛːʔtʰɛˌkwinĭ], afgelei van itheku, letterlik: "baai/lagoon"; vroeër Port Natal) is 'n hawestad in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, langs die Indiese Oseaan met tussen 3,4 en 3,8 miljoen inwoners uit 'n diverse groep kulture. Dit is 'n gewilde vakansiebestemming weens sy goeie weer en die warm Agulhasstroom. Suid-Afrika se besigste hawe, Durban-hawe, is by Durban wat een van die wêreld se diepste natuurlike hawens is. Durban beskik ook oor Suid-Afrika se derde besigste lughawe, die Koning Shaka Internasionale Lughawe, ná die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en die Kaapstad Internasionale Lughawe.

'n Uitsig oor die Goue Myl van Suid-Afrika se vakansiehoofstad
Branderplankryer in Noordstrand

Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is een van Suid-Afrika se agt metropolitaanse munisipaliteite en volgens die sensus van 2011 die derde grootste metropolitaanse munisipaliteit van Suid-Afrika ná die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit en die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Durban is een van Afrika se grootste stede aan die Indiese Oseaan en Suid-Afrika se tweede belangrikste nywerheidsentrum ná Johannesburg.

In 2000 het Durban saam met Umlazi en ander gebiede in die omgewing deel geword van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit met 'n geskatte bevolking van 3 442 361 in 2011. Sedert 2019 dien Mxolisi Kaunda van die African National Congress (ANC) as uitvoerende burgemeester van Durban.[3][4]

Dit het die hoogste getal van dollarmiljoenêrs van enige Suid-Afrikaanse stad; die getal het tussen 2000 en 2014 met 200 persent gestyg.[5] In Mei 2015 is Durban amptelik erken as een van die New7Wonders-stede, saam met Vigan, Doha, La Paz, Havana, Beiroet en Kuala Lumpur.[6] Volgens 'n 2018-studie deur Mercer oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld het Durban die 89ste plek verwerf, die tweede beste in Afrika net na Mauritius se Port Louis.[7]

  1. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 22 September 2016.
  2. (en) Evans, Owain. "Chronological Order of Town Establishment in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
  3. (en) "It's finally official: Mxolisi Kaunda named as eThekwini mayor". The Times. 6 September 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020. Besoek op 30 September 2019.
  4. (en) "New eThekwini mayor elected". eNCA. 6 September 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 30 September 2019.
  5. (en) Skade, Thandi (7 Mei 2015). "Durban is SA's fastest-growing 'Millionaire City' | DESTINY Magazine". Destinyconnect.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2018. Besoek op 6 Januarie 2019.
  6. (en) "Durban". New7Wonders Cities. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 30 September 2019.
  7. (en) "Quality of Living City Ranking". Mercer.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 6 Januarie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne