E-pos

E-pos, soms ook vonkpos genoem, is kort vir "elektroniese pos". In teenstelling met konvensionele pos, verwys e-pos na die skryf, stuur en ontvang van boodskappe via elektroniese kommunikasiestelsels. Die meeste huidige e-posstelsels maak gebruik van die Internet. E-pos is een van die gewildste gebruike van die Internet en maak deel uit van die vyf hoofpilare daarvan. Om e-pos te kan gebruik, moet die stuurder gewoonlik 'n rekenaar gebruik, alhoewel ander metodes, bv. met 'n slimfoon, ook moontlik is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne