Epitaaf

Die epitaaf op Shakespeare se graf.

'n Epitaaf ("ἐπιτάφιος", letterlik: "op die grafsteen" in antieke Grieks) of grafskrif is 'n teks wat die oorledene eer, gewoonlik gegrafeer op 'n grafsteen of grafplaat. Vele epitawe is in die vorm van 'n versie geskryf en baie digters het al hulle eie epitawe geskryf voor hulle dood.

Epitawe is somtyds ook aanhalings uit heilige skrifte, soos die Bybel. Amper alle epitawe noteer ook die naam, geboorte- en sterftedatum van die oorledene.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne