Erebos

Erebos (Grieks: Ἔρεβος; "diep skadu of donkerte") was in die Griekse mitologie die seun van die heel eerste god, Chaos, die leegte waaruit die heelal ontstaan het. Hy was die verpersoonliking van die duisternis en skaduwee. Hy word dikwels beskou as deel van die onderwêreld en daarom word sy naam ook genoem saam met dié van Tartaros en Hades.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne