Euro

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%
Die euro se valutateken

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 20 van die 27 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosovo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.[4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland,[12] op 1 Januarie 2015 in Litaue[13] en op 1 Januarie 2023 in Kroasië.[14]

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
  4. (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
  5. (en) "Common sides". Europese Sentrale Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 13 Desember 2018.
  6. (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55 Geargiveer 14 September 2017 op Wayback Machine
  7. (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
  8. (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
  9. (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
  10. (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
  11. (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
  12. (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
  13. (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
  14. (de) ecb.int: Kroatien (seit 1. Januar 2023)
  15. (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
  16. (en) "ECB ends production and issuance of €500 banknote". Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 3 Oktober 2018.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "n", but no corresponding <references group="n"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne