Fabel

Vermenslikte kat wat ganse oppas, Egipte, ca. 1120 v.C.

Fabel is 'n literêre genre: 'n kort fiktiewe verhaal, in prosa- of versvorm, waar diere, legendariese wesens, plante, nielewende voorwerpe of natuurkragte oor menslike eienskappe beskik (soos die vermoë om 'n mensetaal te praat) en waarin 'n spesifieke sedeles ('n "moraal") geïllustreer word, wat soms aan die einde uitdruklik as 'n kernagtige spreuk bygevoeg word.

Die verskil tussen 'n fabel en 'n gelykenis is dat diere, plante, nielewende voorwerpe en natuurkragte wat oor spraak of ander menslike vermoëns beskik, nié in gelykenisse voorkom nie.

Die gebruik daarvan was nie altyd so duidelik nie. In die King James-vertaling van die Nuwe Testament is "μῦθος" ("mythos") in 1 Timoteus, 2 Timoteus, Titus en 2 Petrus as "fabel"[1] vertaal.[2]

'n Persoon wat fabels skryf, word 'n fabelaar (minder bekend) of 'n fabeldigter genoem.

  1. For example, in First Timothy, "neither give heed to fables...", and "refuse profane and old wives' fables..." (1 Tim 1:4 and 4:4, respectively).
  2. Strong's 3454. μύθος muthos moo’-thos; perhaps from the same as 3453 (through the idea of tuition); a tale, i.e. fiction ("myth"):—fable.
    "

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne