Galileo-ruimtesending

'n Kunstenaarsvoorstelling van Galileo by die maan Io, met Jupiter op die agtergrond.

Galileo was 'n Amerikaanse ruimtetuig wat die planeet Jupiter en sy mane en ander liggame van die Sonnestelsel bestudeer het. Dit is genoem na die Italiaanse sterrekundige Galileo Galilei en het bestaan uit 'n wentel- en atmosferiese ondersoektuig. Die tuie het op 7 Desember 1995 by Jupiter aangekom ná verbyvlugte van Venus en die Aarde vir 'n swaartekragslinger. Dit was die eerste ruimtetuig wat in 'n wentelbaan om Jupiter gegaan het.

Die Jet Propulsion Laboratory het die Galileo gebou en die Galileo-program vir Nasa bestuur. Toe dit gelanseer is, het die wentel- en ondersoektuig saam 'n massa van 2 562 kg gehad en was hulle 6,15 m hoog.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne