Gebou

Die Uniegebou in Pretoria.

'n Gebou is 'n mensgemaakte struktuur wat bedoel is vir skuiling (soos 'n huis of woonstel) of om 'n spesifieke aktiwiteit te ondersteun (soos 'n kerk, skool, kantoor of sportskompleks). Geboue word gewoonlik deur 'n argitek ontwerp en deur 'n konstruksiespan van bouers opgerig. Tydens die konstruksie van geboue word rou materiale soos bakstene, hout en beton saamgevoeg om 'n soliede geheel te vorm. Geboue in stede en dorpe moet aan streng munisipale bouregulasies voldoen.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne