Globalisering

Globalisering is die proses van internasionale integrasie voortspruitend uit die interaksie en uitruiling van wêreldbeskouinge, produkte, idees en gemeenskaplike deling van mekaar se kulture.[1][2] Die vooruitgang in vervoer, soos byvoorbeeld met die stoomlokomotief, stoomskepe, straalmotore, behoueringskepe, en in die telekommunikasie-infrastruktuur, insluitende die ontwikkeling van die telegrafie en sy moderne nasate, die internet en selfone, het reuse bydraes tot globalisering teweeg gebring. Dit het verdere onafhanklikheid van ekonomiese en kulturele bedrywighede verseker.[3][4][5] Hoewel kenners die oorsprong van globalisering in die hedendaagse tyd plaas, is daar ander wat dit terugvoer in die geskiedenis na 'n tyd nog lank voor die Europese ontdekkingstydperk en seevaarte na die Nuwe Wêreld. Sommige gaan selfs terug na die derde millenium voor Christus se geboorte.[6][7]  Die grootskaalse globalisering het in die 19e eeu begin.[8] In die laat 19de eeu en vroeë 20ste eeu het die verbinding van die wêreld se ekonomieë en kulture baie vinnig gegroei.

Die konsep van globalisering is inderdaad 'n baie jong benaming wat eers onlangse sy betekenis in die 1970's gekry het.[9] Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in 2000 vier basiese aspekte van globalisering geïdentifiseer:

Die proses van globalisering word deur sake- en werksorganisasies, die ekonomie, sosio-kulturele hulpbronne en die natuurlike omgewing op die volgende maniere beïnvloed:

  • handel en transaksies
  • beleggingsorganisasies
  • migrasie en beweginig van mense
  • die verspreiding van kennis.[10]
  1. "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 November 2012. Besoek op 24 Februarie 2016.
  2. Albrow, Martin and Elizabeth King (eds.) (1990).
  3. "Imagining the Internet" Geargiveer 23 Maart 2009 op Wayback Machine.
  4. Stever, H. Guyford (1972).
  5. Wolf, Martin (2014).
  6. Frank, Andre Gunder. (1998).
  7. "Globalization and Global History (p.127)"[dooie skakel] (PDF).
  8. O'Rourke, Kevin H. and Jeffrey G. Williamson. (2000).
  9. James, Paul; Steger, Manfred B. (2014).
  10. International Monetary Fund . (2000).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne