Goa

Goa

गोंय (Konkani)
Die Universiteit van Goa
Die Universiteit van Goa
Leuse(s): 
Sarve Bhadrāni Paśyantu Mā Kaścid Duhkhabhāg bhavet
(Konkani vir: "Mag almal goedheid sien, mag niemand pyn ly nie")
Ligging van Goa in Indië
Ligging van Goa in Indië
Koördinate: 15°30′0″N 73°49′48″O / 15.50000°N 73.83000°O / 15.50000; 73.83000
LandVlag van Indië Indië
HoofstadPanaji (Panjim)
Grootste stadVasco da Gama
Gestig op30 Mei 1987
Regering
 • TipeRegering van Goa
 • GoewerneurBhagat Singh Koshyari (BJP)
 • HoofministerPramod Sawant (BJP)
Oppervlak
 • Totaal3 702 km2 (1 429 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 458 545
 • Digtheid394/km2 (1 020,6/vk. myl)
 • Rang
26ste
TydsoneUTC+05:30 (IST)
Amptelike taleKonkani[2][3]
Webwerfwww.goa.gov.in

Goa (Konkani: गोंय, [ˈɡoʊ.ə], ) is die kleinste deelstaat in Indië. Goa het 'n bevolking van sowat 1,5 miljoen (2011), en het 'n oppervlakte van 44 212 km². Die hoofstad is Panaji (voorheen Panjim) en die grootste stad is Vasco da Gama (met 'n bevolking van sowat 100 000). Goa is geleë aan die suidwestelike kus van Indië in die streek bekend as die Konkan, en geografies geskei van die Deccan-hoogland deur die Wes-Ghats.[4][5] Dit word omring deur die Indiese deelstate Maharashtra in die noorde en Karnataka in die ooste en suide, met die Arabiese See wat sy westelike kus vorm. Dit is Indië se kleinste deelstaat op die landkaart en die vierde kleinste volgens inwonertal. Goa het die hoogste BBP per capita onder alle Indiese state,[6] twee en 'n halwe keer dié van die land.[7] Dit is deur die Elfde Finansieringskommissie as die beste geplaasde staat gereken vir sy infrastruktuur, en word deur die Nasionale Bevolkingskommissie op die top-ranglys vir die beste lewenskwaliteit in Indië geplaas.[7]

Die historiese stad Margao toon steeds die kulturele invloed van die Portugese, wat die eerste keer in die vroeë 16de eeu as handelaars geland het en dit kort daarna verower het. Goa was 'n voormalige staat van die Portugese Ryk. Die Portugese oorsese gebied van Portugees-Indië het ongeveer 450 jaar bestaan (vanaf 1510 tot 1961), totdat dit in 1961 deur Indië geannekseer is.[8][9] Goa se meerderheid en amptelike taal is Konkani.

Goa word jaarliks deur groot getalle internasionale en binnelandse toeriste besoek weens sy wit sandstrande, naglewe, aanbiddingsplekke en argitektuur wat as Wêrelderfenis gelys is. Dit het 'n ryk flora en fauna as gevolg van sy ligging in die Wes-Ghats-reeks, 'n brandpunt vir biodiversiteit.

  1. (en) "Indian Districts by Population, Sex Ratio, Literacy 2011 Census". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2011. Besoek op 26 Augustus 2018.
  2. (en) "Report of the Commissioner for linguistic minorities: 50th report (July 2012 to June 2013)" (PDF). Commissioner for Linguistic Minorities, Ministry of Minority Affairs, Government of India. p. 113. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Julie 2016. Besoek op 26 Desember 2014.
  3. (en) "The Goa, Daman and Diu Official Language Act, 1987" (PDF). daman.nic.in. U.T. Administration of Daman and Diu. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 17 Mei 2015.
  4. (en) "Goa – state, India". Britannica. Besoek op 29 November 2020.
  5. (en) Henn, Alexander (2014). Hindu-Catholic Encounters in Goa: Religion, Colonialism, and Modernity. Bloomington, Ind.: Indiana University Press. p. 1. ISBN 978-0-253-01300-2. OCLC 890531126. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2019. Besoek op 15 Februarie 2019.
  6. (en) "The Supreme Court of India". Courts in federal countries : federalists or unitarists?. Kincaid, John, Aroney, Nicholas. Toronto: University of Toronto Press. 2017. p. 225. ISBN 978-1-4875-1466-2. OCLC 982378193.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ander (link)
  7. 7,0 7,1 (en) Reports of the finance commissions of India: First Finance Commission to the Twelfth Finance Commission: the complete report. India. Finance Commission. Academic Foundation. 2005. p. 268. ISBN 978-81-7188-474-2.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ander (link)
  8. (en) "Liberation of Goa". Government Polytechnic, Panaji. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2007. Besoek op 17 Julie 2007.
  9. (en) Pillarisetti, Jagan. "The Liberation of Goa: an Overview". The Liberation of Goa:1961. bharat-rakshak.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2007. Besoek op 17 Julie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne