Google Doodle

Google Doodle in protes teen internetsensuur.
Die oorspronklike "Doodler", Dennis Hwang.

’n Google Doodle is ’n spesiale, tydelike verandering aan Google se logo op die soekenjin se tuisblad wat gebruik word ter viering van ’n vakansiedag, gebeurtenis of mens. Die eerste Google Doodle het verband gehou met die Burning Man-fees van 1998,[1][2] en is deur Larry Page en Sergey Brin ontwerp om gebruikers van hul afwesigheid in kennis te stel ingeval iets sou fout gaan met die webbedieners.

Daarna is Google Doodles deur buitemense gedoen, totdat Page en Brin die intern Dennis Hwang in 2000 gevra het om ’n logo vir Bastilledag te ontwerp. Van toe af is Doodles georganiseer en ontwerp deur ’n span werknemers wat as "Doodlers" bekend is.[3]

Aanvanklik was Doodles net beelde wat met ’n spesifieke tema verband gehou het. Teen die begin van die 2010's het hul frekwensie en ingewikkeldheid toegeneem en in Januarie 2010 is die eerste geanimeerde Doodle opgelaai ter ere van Isaac Newton.[4] Die eerste interaktiewe Doodle het kort daarna verskyn ter viering van Pac-Man,[5] en hiperskakels is ook later bygevoeg – gewoonlik na soekenjinresultate oor die onderwerp van die Doodle. Teen 2014 het Google al 2 000 streeks- en internasionale Doodles geskep,[6] dikwels ter ere van groot kunstenaars, musikante en ander persoonlikhede.[7]

  1. "Doodle 4 Google" (in Engels). Google.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2014. Besoek op 23 April 2014.
  2. "Burning Man Festival". Google.com. 30 Augustus 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 23 April 2014.
  3. "Meet the people behind the Google Doodles". The Guardian (in Engels). 12 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op 27 September 2014.
  4. "Isaac Newton's birth marked by Google Doodle". The Daily Telegraph (in Engels). 4 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 30 September 2014.
  5. Nelson, Randy (21 Mei 2010). "Google celebrates Pac-Man's 30th anniversary with playable logo" (in Engels). Joystiq. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2015. Besoek op 30 September 2014.
  6. "Google blunder over D-Day doodle" (in Engels). BBC News. 6 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2019. Besoek op 30 September 2014.
  7. "How Google made its Valentine's Day Doodle" (in Engels). Time Magazine. 14 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2020. Besoek op 30 September 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne