Google-soekenjin

Die Google-soekenjin is ’n soekenjin wat deur Google besit en bedryf word. Dit kan gebruik word om trefwoorde (teks) op webblaaie te soek. Dit is op 15 September 1997 bekendgestel en het sedertdien die mees gebruikte soekenjin op die wêreldwye web geword. Die woord Google het mettertyd sinoniem met internetsoektogte geword en is sedert 2006 selfs as ’n werkwoord in die Oxford-woordeboek opgeneem. Dit kan ook in Afrikaans as ’n werkwoord gebruik word en wel met ’n kleinletter-g.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne