Gqeberha

Gqeberha

iBhayi (xh)
Bhayi (zu)

Port Elizabeth (voorheen)
'n Lugfoto van Gqeberha met die Nelson Mandelabaaistadion, 'n bekende baken, in die voorgrond.
'n Lugfoto van Gqeberha met die Nelson Mandelabaaistadion, 'n bekende baken, in die voorgrond.
Byname: 
PE, Die Baai
Leuse(s): 
Die vriendelike stad
Die winderige stad
Gqeberha is in Oos-Kaap
Gqeberha
Gqeberha
 Gqeberha se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 33°57′29″S 25°36′0″O / 33.95806°S 25.60000°O / -33.95806; 25.60000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
MunisipaliteitNelson Mandelabaai
Stigting1814[1]
Regering
 • TipeMetropolitaanse Munisipaliteit
 • BurgemeesterGary van Niekerk (DA)
Oppervlak
 • Stad251,03 km2 (96,92 vk. myl)
 • Metro
1 959 km2 (756 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
 • Stad312 392
 • Digtheid1 244/km2 (3 220/vk. myl)
 • Metro
1 152 915
 • Metrodigtheid590/km2 (1 500/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense37,8%
 • Indiërs/Asiërs3,2%
 • Bruin mense27,0%
 • Swart mense30,6%
 • Ander1,4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 40,2%
 • Engels 33,3%
 • Xhosa 22,2%
 • Ander 4,3%
Poskode (strate)
6001
Poskode (posbusse)
6000
Skakelkode041
WebwerfNelson Mandelabaai-munisipaliteit

Gqeberha (Xhosa: [ᶢǃʱɛ̀ɓéːxà]; tot 2021 Port Elizabeth; Xhosa: iBhayi; Zoeloe: Bhayi), wat in die volksmond in Afrikaans dikwels "Die Baai" of net "PE" genoem word, is 'n hawestad geleë aan Algoabaai, in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika, 763 km oos van Kaapstad. Met 'n bevolking van 312 390 (2011) is Gqeberha die grootste stedelike nedersetting in die Oos-Kaapprovinsie. Met die Nelson Mandela-universiteit (voorheen Universiteit van Port Elizabeth) het die stad dekades lank oor die enigste tweetalige universiteit in die land beskik.

Stadsaal en Markplein

Gqeberha, wat van 'n klein militêre buitepos tot die vyfde grootste stad en die derde belangrikste seehawe in Suid-Afrika gegroei het, strek oor sestien kilometer langs die kus van die Indiese Oseaan. Die warm subtropiese klimaat, 'n polsende naglewe en lang wit strande soos King's Beach, Humewood, Hobie en Pollock, waarvan sommige in die binnestad lê, maak van die stad 'n gewilde toeristebestemming. Humewoodstrand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

In 2001 het Port Elizabeth saam met Uitenhage, Despatch en ander gebiede in die omgewing deel geword van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit met 'n geskatte bevolking van 1 152 915 in 2011. Sedert 26 Mei 2023 dien Gary van Niekerk van die Nasionale Alliansie (NA) as uitvoerende burgemeester van Gqeberha en omstreke.

  1. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 6 Oktober 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek Gqeberha". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne