HDTV

Hoëdefinisie-televisie of H DTV is 'n nuwe TV-standaard wat die hoogste kwaliteit kan bied. In teenstelling met die ou PAL-, NTSC- en SECAM-standaarde wat geskik is vir gewone beeldbuise tot by 72 cm, eis nuwe tegnologieë soos plasma en vloeikristalle wat vir groter skerms gebruik word meer beeldlyne en hoër resolusies.

HDTV bied teenswoordig 720 of 1080 beeldlyne. Op geskikte skerms maak skerper en meer plastiese beelde nou fynste details sigbaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne