Hades

Hades
Griekse god
Hades met Kerberos (Heraklion- Argeologiese Museum).
Hades met Kerberos (Heraklion- Argeologiese Museum).
Naam Hades
God van Die onderwêreld en van rykdom
Blyplek Onderwêreld
Simbool Kerberos, helm van duisternis, helm van onsigbaarheid, sipres, Narcissus, die sleutel van Hades
Vrou Persefone
Ouers Kronos en Rea
Broers, susters Zeus, Poseidon, Demeter, Hestia, Hera
Kinders
Romeinse eweknie Pluto

Hades (Grieks: ᾍδης Hádēs; Ἅιδης Háidēs) – die onsigbare – was in die Griekse mitologie die antieke onderwêreld asook die god wat daaroor geheers het. Hy is die oudste seun van Kronos en Rea.

Volgens die mite het hy en sy broers Zeus en Poseidon die Titane in die Titanestryd verslaan en die heerskappy van die heelal onder hulle verdeel: Hades het die onderwêreld gekry, Zeus die lug en Poseidon die see. Hoewel hy oor die dooies regeer het, was Tanatos, en nie Hades nie, die Dood self.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne