Hektor

Hektor word teruggebring na Troje, van ’n ou Romeinse sarkofaag, omstreeks 180-200 n.C.
’n Muntstuk van Troje, 177-192 n.C.; Op die agterkant (regs) is Hektor met ’n skild en spies op ’n strydwa.

Hektor (Grieks: Ἕκτωρ) was in die Griekse en Romeinse mitologie ’n Trojaanse prins en die beste vegter van Troje in die Trojaanse Oorlog. Hy was die leier van die Trojane en hulle bondgenote in die verdediging van Troje, en "het 31 000 Griekse vegters doodgemaak". Hy is eindelik deur Achilles doodgemaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne