Hermafrodiet

Slakke wat paar.
Die tweeslagtige blom van 'n tulp.

In biologie is 'n hermafrodiet is 'n dier of plant wat tweeslagtig is en oor beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik (of kan beskik).[1] Daar word onderskei tussen gelyktydige en afwisselende hermafrodiete. Gelyktydige hermafrodiete het op dieselfde tydstip beide geslagte, terwyl afwisselende hermafrodiete eenslagtig is, maar van geslag kan verander.

  1. Merriam-Webster Woordeboek

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne