Hindoemitologie

Die Skepping van die Kosmiese Oseaan en die Elemente, uit die Shivapurana, c. 1828.

Hindoemitologie is ’n groot versameling mitiese vertellings in Hindoeïsme wat in Sanskrit geskrifte soos die Mahabharata en Ramayana, antieke Tamil geskrifte soos die Sangam-letterkunde en Periya Puranam, asook ander streekletterkunde van Suid-Asië opgeteken is. As sulks is dit ’n onderafdeling van hoofstroom- Indiese en Nepalese kultuur.

Eerder as ’n eenvormige geheel, kom dieselfde mite in verskeie weergawes voor wat wissel van tradisie tot tradisie, sekte tot sekte en streek tot streek. Alle Hindoes beskou dit dus nie as letterlike weergawes van die geskiedenis nie, maar as verhale met ’n dieper, dikwels simboliese, betekenis. Die mites word ook dikwels op verskillende maniere vertolk.[1]

  1. Jacqueline Suthren Hirst, Myth and history, in Themes and Issues in Hinduism, red. Paul Bowen. Cassell, 1998.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne