Internetprotokol

Die Internetprotokol (IP) is 'n datageoriēerde protokol wat gebruik word vir datakommunikasie oor 'n pakketgeskakelde internetwerk.

IP is 'n netwerklaag protokol in die internetprotokolsuite en ingesluit in 'n dataverbindingslaagprotokol (bv. Ethernet). As 'n protokol op die onderste lae verskaf IP globaal unieke adresse vir rekenaars in 'n netwerk. Dit bring mee dat die dataverbindingslaag nie die diens hoef te verskaf nie. Ethernet verskaf wel globaal unieke adresse maar kan nie oraloor gekommunikeer word nie d.w.s. twee Ethernet-toestelle sal slegs met mekaar kan kommunikeer indien hulle op dieselfde bus is).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne