Karaat

Die Ster van Indië, 'n saffier met 'n massa van 563,35 karaat.

Karaat is 'n eenheid van massa vir edelstene en pêrels waarby 1 karaat = 200mg (3.085 grein). Diamante se massa (of gewig) word in karaat bepaal. Die grootste diamant ooit gevind is die Cullinan-diamant van 3 024.75 karaat.

Karaat is ook die bepaling van die suiwerheid van goud en silwer: 24 karaat is suiwer (100%) goud. 18 karaat goud bevat 18 dele suiwer goud uit die 24 dele.[1]

  1. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. 1979. ISBN 0-628-00138-X

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne