Kasakstan

Republiek Kasakstan
Қазақстан Республикасы
Qazaqstan Respýblıkasy (Kasaks)
Республика Казахстан
Respublika Kazakhstan (Russies)
Vlag van Kasakstan Wapen van Kasakstan
Vlag Wapen
Volkslied: Менің Қазақстаным
(tr.: Meniñ Qazaqstanım)
Ligging van Kasakstan
Hoofstad Astana

51°10′N 71°25′O / 51.167°N 71.417°O / 51.167; 71.417

Grootste stad Almati
Amptelike tale Kasaks ("nasionaltaal")
Russies ("amptelike taal")
Regering Unitêre dominante-party
presidensiële republiek
Kasim-Zjomart Tokajef
Oljas Bektenof
Onafhanklikheid
• Kasakse Khanaat
• Alasj-outonomie
• Kirgisiese ASSR
• Kasakse ASSR
Kasakse SSR
• Soewereiniteit verklaar
• Republiek Kasakstan
• Onafhanklikheid verklaar
• Erken
• Huidige grondwet

1465
13 Desember 1917
26 Augustus 1920
19 Junie 1925
5 Desember 1936
25 Oktober 1990
10 Desember 1991
16 Desember 1991
26 Desember 1991
30 Augustus 1995
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 724 900 km2  (9de)
1 052 100 myl2
1,7
Bevolking
 - 2023-skatting
 - Digtheid
 
20 000 000[1] (62ste)
7 / km2 (236ste)
18,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$696,903 miljard[2] (41ste)
$34 476[2] (56ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$290,994 miljard[2] (49ste)
$14 396[2] (64ste)

MOI (2021) 0,811[3] (56ste)  –  baie hoog
Gini (2018) 27,8[4] –  laag
Geldeenheid Tenge (₸) (KZT)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+5 en +6)
nie toegepas nie (UTC+5 en +6)
Internet-TLD .kz, .қаз
Skakelkode +7-6xx, +7-7xx

Kasakstan (Kasaks: Қазақстан, Kazakstan, [qɑzɑqˈstɑn], ; Russies: Казахстан, Kazachstan), amptelik die Republiek Kasakstan (Kasaks: Қазақстан Республикасы, Qazaqstan Respýblıkasy; Russies: Республика Казахстан, Respublika Kazakhstan), is ’n transkontinentale, maar landingeslote land in Sentraal-Asië, met ’n klein deel wes van die Oeral-rivier wat in Oos-Europa val.[5] Dit word in Afrikaans ook Kazakstan of Kazachstan gespel. Dit grens aan die Russiese Federasie, die Volksrepubliek China, Kirgisië, Oesbekistan, Turkmenistan en die Kaspiese See. Die hoofstad is Astana; tot in 1997 was dit Almati (voorheen Alma-Ata genoem).

Nasa-Satellietbeeld van Kasakstan.
’n Kaart van Kasakstan.

Kasakstan is die wêreld se negende grootste staat en die grootste wat deur land omring is. Sy oppervlakte van 2 724 900 km² is groter as dié van Wes-Europa.[5][6] Die gebied sluit in vlaktes, steppe, taiga, canyons, heuwels, deltas, sneeubedekte bergpieke en woestyne. Sy bevolkingsdigtheid is minder as ses mense per vierkante kilometer.

Die gebied is histories bewoon deur nomadiese stamme. Dit het in die 13de eeu verander toe Djengis Khan die land beset het. Teen die 16de eeu het die Kasakke as ’n afsonderlike groep ontstaan. Die Russe het in die 18de eeu die Kasakse steppe begin beset en teen die middel van die 19de eeu was die hele Kasakstan deel van die Russiese Ryk. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 en die daaropvolgende burgeroorlog is Kasakstan verskeie kere herorganiseer voordat dit in 1936 die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek geword het as deel van die Sowjetunie.

Kasakstan was die laaste van die voormalige Sowjetrepublieke wat hom onafhanklik verklaar het ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991; die huidige president, Kasim-Zjomart Tokajef, is sedert 2019 die land se leier. Vandat die land onafhanklik geword het, handhaaf dit ’n gebalanseerde buitelandse beleid en probeer dit sy ekonomie ontwikkel, veral sy koolwaterstofnywerheid.[7]

Die land is etnies en kultureel uiteenlopend, deels vanweë die gedwonge migrasie van ander volke na dié republiek tydens die bewind van Josef Stalin. Kasakstan het ’n bevolking van 16,6 miljoen wat uit 131 etnisiteite bestaan, onder andere Kasakke (sowat 63%[8]), Russe, Oekraïners, Duitsers, Tartare en Oeigoere.

Godsdiensvryheid bestaan in Kasakstan, maar die land het onlangs onder skoot gekom oor ’n gebrek daaraan. Robert George, voorsitter van die Amerikaanse kommissie vir internasionale godsdiensvryheid, het in 2013 gesê "die streng toepassing van hoogs beperkende wette wat twee jaar gelede aanvaar is, het Kasakstan se internasionale aansien skade berokken en daartoe gelei dat baie Kasakse burgers se godsdiensvryheid aangetas is".[9] Sowat 70% van die bevolking behoort tot die Islam en 26% is Christene.[10] Kasaks is die amptelike taal, terwyl Russies gelyke status het in staats- en administratiewe liggame.[5][11][12]

  1. (en) "Kazakhstan's population hits the mark of 20 mln". Kazinform. 16 November 2023. Besoek op 6 Februarie 2024.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Kazakhstan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 6 Februarie 2024.
  3. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 6 Februarie 2024.
  4. (en) "Gini index – Kazakhstan". Wêreldbank. Besoek op 6 Februarie 2024.
  5. 5,0 5,1 5,2 (en) "Kazakhstan". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Februarie 2024.
  6. (en) "Agency of Statistics of the Republic of Kazakhstan (ASRK). 2005. Main Demographic Indicators". Stat.kz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 1 Junie 2010.
  7. (en) Zarakhovich, Yuri (27 September 2006). "Kazakhstan Comes on Strong" Geargiveer 3 September 2010 op Wayback Machine, Time
  8. (ru) "Перепись населения Республики Казахстан 2009 года. Краткие итоги. (Census for the Republic of Kazakhstan 2009. Short Summary)" (PDF). Republic of Kazakhstan Statistical Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Julie 2011. Besoek op 10 Desember 2010.
  9. (en) http://www.rferl.org/content/kazakhstan-religious-freedom-criticism/25057279.html
  10. (en) "The results of the national population census in 2009". Statistiekagentskap van Kasakstan. 12 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 21 Januarie 2010.
  11. (en) The constitution of Kazakhstan
  12. (en) CONSTITUTION OF THE REPUBLIC OF KAZAKHSTAN Geargiveer 20 Oktober 2007 op Wayback Machine, Die grondwet van Kasakstan

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne