Katalisator

'n Energiediagram wat aangee hoe die katalisator die aktiveringsenergie van 'n chemiese reaksie verander.

'n Katalisator is 'n stof wat 'n chemiese reaksie vinniger laat verloop sonder om deur hierdie reaksie verbruik te word.

Die aanwesigheid van 'n katalisator sal die vry entalpie (Gibbs-energie) van die reaksie ΔrG onveranderd laat, maar die aktiveringsenergie ΔrG, wat saamhang met die energie van die oorgangstoestand verlaag. Die kan die snelheid van die reaksie baie vergroot.

Oor die algemeen vind chemiese reaksies vinniger plaas in die teenwoordigheid van 'n katalisator, omdat die katalisator 'n alternatiewe reaksievlak bied met 'n laer aktiveringsenergie as die nie-gekataliseerde meganisme. In gekataliseerde meganismes reageer die katalisator gewoonlik om 'n tydelike tussenproduk te vorm, wat dan die oorspronklike katalisator regenereer in 'n sikliese proses. 'n Stof wat 'n meganisme het met 'n hoër aktiveringsenergie en dus nie die reaksietempo verhoog nie, word nie as 'n katalisator beskou nie, maar as 'n reaksieremmer.

Die beraming is dat 90% van alle kommersieel-vervaardigde chemiese produkte katalisators in 'n stadium in die vervaardigingsproses gebruik.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named R&D

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne