Koerant

'n Stapel koerante.

'n Koerant is 'n nuusblad wat daagliks of weekliks uitgegee word en oor gebeurtenisse in die politiek, ekonomie, kultuur en sport berig. Dikwels lewer dit sy eie kommentaar oor geselekteerde nuus en beskik ook oor 'n rubriek met briewe van lesers. Koerante is 'n geskikte medium om die openbare mening te mobiliseer en fungeer sodoende as 'n belangrike instrument vir die handhawing van meningsvryheid en die demokratiese beheer oor owerhede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne