Koressilinder

Die Koressilinder

Die Koressilinder is 'n belangrike artefak van die Persiese Ryk, bestaande uit 'n verklaring in Babiloniese wigskrif wat op 'n kleivat geëts is. Met sy oorname van Babilon in 539 v.C., het Kores die Grote (ook bekend as Kores II of die Bybelse Kores) hierdie verklaring uitgereik wat, benewens dokumentasie van sy koninklike stamlyn, 'n verslag van sy verowerings en genadige oordele bevat en in die fondament van Babilon se stadsmuur geplaas is.

Dit is in Maart 1879 te Amran, Babilon ontdek en word in die Britse Museum gehou. Die verklaring word tans wyd beskou as 'n "eerste verklaring van menseregte", weens onder meer die beroep op die wêreldwye afskaffing van slawerny, vrye keuse van beroep, godsdiensvryheid en die melding van vrystelling van Babiloniese slawe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne