Krasnodar-krai

Krasnodar-krai
Краснодарский край
Die ligging van Krasnodar-krai in Rusland.
Die ligging van Krasnodar-krai in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Suidelike
Ekonomiese streek Noord-Kaukasiese
Stigting 13 September 1937
Regering
Hoofstad Krasnodar
Leier Aleksander Tkatsjof
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 5 226 647
Volgorde 3de
Digtheid 68,77/km²
Stedelik 52,9%
Plattelands 47,1%
Statistiek
Oppervlakte 76 000 km²
Volgorde 42ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer 23
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://admkrai.kuban.ru/
Wapen en vlag
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Krasnodar-krai (Russies: Краснода́рский край, Krasnodarski krai) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Suidelike Federale Distrik en die hoofstad is Krasnodar. Volgens die Russiese sensus van 2010 het die krai ’n bevolking van 5 226 647[1] – dit is die federale gebied met die derde meeste inwoners.

Krasnodar-krai is formeel en informeel bekend as Koeban (Кубань), ’n term wat verwys na die voormalige Koeban-volksrepubliek en die historiese streek Koeban tussen die See van Azof en die Koebanrivier, wat die grootste deel van die krai se gebied uitmaak. Dit word in die noorde deur die Rostof-oblast begrens, in die ooste deur Stawropol-krai en in die suidooste deur Karatsjai-Tsjerkessië. Adigea is ’n enklawe binne die krai se grense. Krasnodar-krai deel ’n internasionale grens met Abchasië in die suide en grens aan die betwiste gebied Krim in die weste, oorkant die Kertsj-straat.

Die noordelike deel van die krai behoort tot die Donsteppe, terwyl die suidelike streek se Mediterreense klimaat dit ’n gewilde toeristebestemming maak. Noworossijisk is Rusland se belangrikste hawe aan die Swartsee en een van die min stede waaraan die titel "Heldestad" toegeken is. Sotsji het die Olimpiese Winterspele 2014 aangebied. Krasnodar-krai bevat ook ’n aansienlike infrastruktuur van die Russiese Vloot se Swartseevloot.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Sensus

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne