Kroukie

Moderne kroukietoerusting
Outydse skildery van drie dames en 'n heer wat kroukie speel

Kroukie (ook croquet in Afrikaans) is 'n buitelugbalsport met as doel om eerste 'n bal, met behulp van 'n houthamer, deur verskeie poortjes te slaan tot mens by die eindpaal aankom. Dit word deurgaans op 'n goed onderhoude, kortgesnyde grasperk gespeel.

Aanvanklik was kroukie veral 'n spel vir die welgesteldes. In Engeland word dit nog hoofsaaklik by privé-klubs gespeel, maar die lidmaatskap daarvan is deesdae vrylik oop. Die spel is aanvanklik met twee einddoele en nege hoepels gespeel, sedert die spel se opmars na die wêreldtentoonstelling in 1851 as die Ierse Crooky.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne