Kumaoni

Kumaoni
कुमाऊँनी भाषा
Gepraat in: Vlag van Indië Indië 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 2 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Noordelike sone
    Kumaoni 
Skrifstelsel: Devanagari
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: kfy

Kumaoni (कुमाऊँनी भाषा) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 2 miljoen mense in die Indiese deelstaat Uttarakhand gebesig word. Dit word veral deur die Kumaoni's in die Kumaoni-streek van die noordelike Indiese deelstaat Uttarakhand in die Indiese Himalaja gebesig.

Die woord "Kumaoni" in Devanagari-skrif

Kumaoni word in 'n aantal dialekte verdeel en is veral verwant aan Garhwali wat verder wes gepraat word. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf.[2]

Kumaoni is nie 'n bedreigde taal nie (Ethnologue lys dit as "lewenskragtig"); dit word nietemin as "kwesbaar" aangewys in Unesco se Atlas van die wêreld se tale in gevaar, wat daarop dui dat die taal konsekwente bewaringspogings benodig.[3]

  1. (en) "Scheduled Languages in descending order of speaker's strength – 2011" (PDF). Registrateur-generaal en sensuskommissaris van Indië. 29 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2018.
  2. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kumaoni". Ethnologue. Besoek op 16 Augustus 2020.
  3. (en) "UNESCO Interactive Atlas of the World's Languages in Danger". Unesco. Besoek op 16 Augustus 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne